[Algemene Nota: Eerbewyse ingestel by afkondiging in Staatskoerant 24155 van 6 Desember 2002 en Staatskoerant 25213 van 25 Julie 2003.]
Die Hoofregter moet by die verkiesing van die President voorsit, of ʼn ander regter aanwys om dit te doen. Die prosedure in Deel A van Bylae 3 uiteengesit, is op die verkiesing van die President van toepassing.
[Sub-a. (2) vervang by a. 6 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]
ʼn Verkiesing om ʼn vakature in die amp van President te vul, moet gehou word op ʼn tyd en datum deur die Hoofregter bepaal, maar nie later nie as 30 dae nadat die vakature ontstaan.
[Sub-a. (3) vervang by a. 6 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]
Wanneer iemand as President verkies word, hou so iemand op om ʼn lid van die Nasionale Vergadering te wees, en moet so iemand die amp van President binne vyf dae aanvaar deur ooreenkomstig Bylae 2 ʼn eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet af te lê.
Iemand wat as Waarnemende President ʼn eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek afgelê het, hoef nie die prosedure van die eed of plegtige verklaring te herhaal nie vir enige daaropvolgende termyn as waarnemende President gedurende die tydperk wat eindig wanneer die persoon wat volgende as President verkies word, die amp aanvaar.
[Sub-a. (4) bygevoeg by a. 1 van die Eerste Wysigingswet op die Grondwet van 1997.]
Die Adjunkpresident en Ministers is verantwoordelik vir die bevoegdhede en funksies van die uitvoerende gesag wat deur die President aan hulle opgedra word.
Adjunkministers ingevolge subartikel (1)(b) aangestel, is teenoor die Parlement aanspreeklik vir die uitoefening van hul bevoegdhede en die verrigting van hul funksies.
[A. 93 vervang by a. 7 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]
[Opskrif gewysig by a. 2(a) van die Elfde Wysigingswet op die Grondwet van 2003.]
[Sub-a. (1) gewysig by s. 2(b) van die Elfde Wysigingwwet op die Grondwet van 2003.]
1. die uitreiking van ʼn lasgewing aan die provinsiale uitvoerende gesag waarin die mate van die versuim om sy verpligtinge na te kom, beskryf word en stappe wat nodig is om sy verpligtinge na te kom, vermeld word; en
1. die aanvaarding van verantwoordelikheid vir die betrokke verpligting in daardie provinsie in die mate wat nodig is om–
1. noodsaaklike nasionale standaarde te handhaaf of aan gevestigde minimum standaarde vir die lewering van ʼn diens te voldoen;
1. ekonomiese eenheid te handhaaf;
1. nasionale veiligheid te handhaaf; of
1. te voorkom dat daardie provinsie onredelike stappe doen wat nadelig is vir die belange van ʼn ander provinsie of van die land as geheel. 2. Indien die nasionale uitvoerende gesag ingevolge subartikel (1)(b) in ʼn provinsie ingryp, moet –
> [Sub-a. (2) vervang by a. 2(c) van die Elfde Wysigingswet op die Grondwet van 2003.]
{:.note}
1. hy ʼn skriftelike kennisgewing van die ingryping aan die Nasionale Raad van Provinsies voorlê binne 14 dae nadat die ingryping ʼn aanvang geneem het;
1. die ingryping beëindig word indien die Raad die ingryping afkeur binne 180 dae nadat die ingryping ʼn aanvang geneem het of by die einde van daardie tydperk die ingryping nie goedgekeur het nie; en
1. die Raad, terwyl die ingryping voortduur, die ingryping gereeld in hersiening neem en enige gepaste aanbevelings aan die nasionale uitvoerende gesag doen. 3. Nasionale wetgewing kan die proses ingestel deur hierdie artikel reguleer.
> [A. 100 gewysig by a. 2 van die Elfde Wysigingswet op die Grondwet van 2003.]
{:.note}