Hoofstuk 12: Tradisionele Leiers (artikels 211-212)
211. Erkenning
- Die instelling, status en rol van tradisionele leierskap, volgens die gewoontereg, word behoudens die Grondwet erken.
- ‘n Tradisionele owerheid wat ʼn stelsel van gewoontereg naleef, kan funksioneer behoudens enige toepaslike wetgewing en gebruike, waarby ingesluit is enige wysiging of herroeping van daardie wetgewing of gebruike.
- Die howe moet die gewoontereg toepas wanneer dié reg toepasbaar is, behoudens die Grondwet en enige wetgewing wat spesifiek oor gewoontereg handel.
212. Rol van tradisionele leiers
- Nasionale wetgewing kan voorsiening maak vir ʼn rol vir tradisionele leierskap as ʼn instelling op plaaslike vlak betreffende aangeleenthede wat plaaslike gemeenskappe raak.
- Ten einde te handel met aangeleenthede in verband met tradisionele leierskap, die rol van tradisionele leiers, die gewoontereg en die gewoontes van gemeenskappe wat ʼn stelsel van gewoontereg naleef, kan–
- nasionale of provinsiale wetgewing voorsiening maak vir die instelling van huise van tradisionele leiers; en
- nasionale wetgewing ʼn raad van tradisionele leiers instel.